Armand Fourie

Armand Fourie verwerf die grade BA Joernalistiek (2010), honneurs in Engels (2011) en MA Kreatiewe Skryfkuns (2015) aan die Universiteit van Pretoria. In 2012 verwerf hy ook ʼn honneursgraad in visuele kommunikasie aan die Open Window: School of Visual Communication. Sy MA-verhandeling handel oor estetiese illusie en die wyses waarop kykerbetrokkenheid geskep kan word.

Van 2012 tot 2016 is hy voltyds werksaam in die film- en televisiebedryf. Hy was onder meer betrokke by produksies soos die kortfilm Stut (2012), en televisieprogramme soos 50/50, Carte Blanche, Dagbreek, Nasie in Gesprek en Talk SA.

Sy kortverhaal “Kampuskriminologie” is in Human & Rousseau se kortverhaalbundel Nuwe stories gepubliseer, en Stut, waarvan hy die mederegisseur is, is by die 2012-Silwerskermfees vertoon, waar dit as een van die top ses films van die fees aangewys is. In 2013 het dieselfde film ook ʼn Loerie-toekenning ontvang. In 2014 was hy deel van die produksiespan wat twee ATKV-Mediaveertjies ontvang het vir beste aanbieder en beste insetsel in ʼn aktualiteitsprogram (Dagbreek op kykNET). In 2015 is hy die mederegisseur van ʼn insetsel wat ʼn ATKV-Mediaveertjie ontvang het vir die beste insetsel van ʼn aktualiteitsprogram (weer Dagbreek op kykNET).

Sedert 2015 is hy ʼn inhoudvervaardiger by die produksiemaatskappy Studio Republic.

Armand hoop om binnekort te begin met sy doktorale navorsing in literatuur- en filmstudies aan die Universiteit van Pretoria.

 

Aesthetic illusion and the ways in which viewer engagement can be induced in a film, with reference to Eternal sunshine of the spotless mind (2004)

Armand Fourie Academic research 2016-10-04

"What are the ways in which viewer engagement is created and what is the function of aesthetic illusion in the film Eternal sunshine of the spotless mind (2004)?"

Estetiese illusie en die wyses waarop kykerbetrokkenheid in ’n film geskep kan word, met verwysing na Eternal sunshine of the spotless mind (2004)

Armand Fourie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-10-03

"Op watter wyses word kykerbetrokkenheid geskep en wat is die funksie van estetiese illusie in die film Eternal sunshine of the spotless mind (2004)?"

Roof

Armand Fourie 2012-09-19 LitNet het die skrywers in die Nuwe Stories-kortverhaalbundel gevra om 'n blitsfiksieverhaal te skryf waarin hulle self as karakters figureer. Hier is Armand Fourie se verhaal "Roof".
Top