Ansie van der Merwe beskryf haarself as “’n kind van die wind” wat die lief en leed van die lewe metafories verwoord. Sy het in die Marico Mampoervallei grootgeword en haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Zeerust voltooi. Haar ouers se liefde vir die natuur en kuns het ook in haar kom posvat. Sy het ’n digbundel Diep spore die lig laat sien.