Anoecha Kruger

Anoecha Krüger is ’n aktrise en poppemeester. Sy ontvang haar graad in drama in 2015 aan die Universiteit Stellenbosch, met toneelspel as hoofvak. Sy maak haar professionele debuut in Christiaan Olwagen se teaterstuk Die huis van Bernarda Alba. Daarna volg produksies, waaronder HAM en Beloofde deur The Loft Puppet Co, VER(LOS) deur Des-Lee McKenzie, en Raak deur Kanya Viljoen. Sy is lid van The Loft Puppet Co, ’n teatermaatskappy naby Stellenbosch wat spesialiseer in poppe bou, poppemanipulering en teater skep. Lewendige stories en verbeeldingryke wêrelde hou haar aan die gang in ’n alreeds woes en chaotiese samelewing.

Nuweling Anoecha Krüger wen Fiësta-toekenning vir beste opkomende kunstenaar

Marli van Eeden, Anoecha Kruger Onderhoude 2019-02-21

"Dit beteken ongelooflik baie om hierdie toekenning te kon ontvang en gee my hoop vir die avonture wat voorlê. Die afgelope paar jaar was moeilik, onbekend en scary, maar natuurlik ook magies. Hierdie toekenning val beslis aan die magical kant van dinge."

Top