Anneli Groenewald

Anneli Groenewald is 'n telekommunikasie-verslaggewer in Londen. Sy het 'n BA-graad in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studies, asook 'n BPhil in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, en 'n honneursgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg. Sy volg tans 'n beginnerskursus in Spaans. Anneli was voorheen verslaggewer by Sake24 in Johannesburg, en is in die Overberg gebore. Sy werk nou by Farmer's Weekly.

 

Tien vrae: Anneli Groenewald oor Die skaalmodel

Anneli Groenewald, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-07-01

Jou boek handel oor die belang van bewaring. Wat het, volgens jou, ewigheidswaarde? "Dit hang seker maar af van die persoon wat die ewigheidswaarde soek, of ewigheid probeer definieer. Alles is maar aards en sal mettertyd wegkalwer. Die oudste gebou, die laaste verhaal, die skerpste herinnering."

Onderhoud: Debuutpryswenner van Groot Afrikaanse Romankompetisie 2015

Anneli Groenewald, Naomi Meyer NB-Uitgewersportaal 2015-05-26

"Is almal nie maar op een of ander stadium in hul lewe, hoe kortstondig dan ook al, randfigure nie? Almal het ’n bepaalde konteks waar hul deel van die binnekring sal voel, en dan weer ’n ander konteks waarbinne hulle sal hap na wind."

Top