Annalet van Schalkwyk

Annalet van Schalkwyk is in die Oos-Kaap gebore en getoë. Sy het by Hugenote Kollege in Wellington in gemeenskapsontwikkeling en missiologie gestudeer. Sy het daarna ses jaar lank gemeenskapsontwikkeling in die stedelike randgebiede in die Wes-Kaap gedoen. In 2000 het sy haar DTh-graad in Missiologie by Unisa verwerf. Die onderwerp van haar proefskrif was “Sister, we bleed and we sing: Women’s stories, Christian mission and SHALOM in South Africa”. Sy het vanaf 1 Januarie 1995 tydelik in die destydse Departement Missiologie vir Unisa gewerk. Sy is sedert 1 Januarie 1998 in die permanente diens van Unisa en is sedert 2005 ’n medeprofessor in die Departement Christelike Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Missiologie. Haar navorsingsterreine is geloofsgemeenskappe en ontwikkeling, ekofeministiese teologie, ekomissiologie en ekospiritualiteit. Sy het al meer as 20 artikels en drie hoofstukke in boeke gepubliseer. In haar vrye tyd maak sy tuin en beoefen somtyds kuns.

Landskap en kuns vanuit ’n ekoteologiese perspektief

Pieter GR de Villiers, Annalet van Schalkwyk Onderhoude 2020-04-20

Annalet van Schalkwyk, ’n LitNet Akademies-navorser, gesels met Pieter GR de Villiers oor ekoteologie en kuns.

The sublime in ecology: An ecofeminist theological interpretation of an Eastern Cape artist’s ecological vision, spirituality and identity

Annalet van Schalkwyk Academic research 2019-12-16

“The aim and strategy of ecofeminism is to radically transform how humans live in relation to the environment.”

Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit

Annalet van Schalkwyk LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-16

“Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou.”

Top