Andries Vrey
Andries Vrey was al akteur, skrywer en dramaturg. As joernalis het hy al vir verskeie publikasies gewerk, ook as buitelandse korrespondent in Londen, voordat hy as assistentredakteur die joernalistiek verlaat het om homself in die korporatiewe sektor te vestig. Posisies wat hy beklee het, sluit in hoof: korporatiewe kommunikasie; strateeg: digitale sake-ontwikkeling; projekbestuurder en hoofbestuurder: digitale produkte (Afrikaans). Hy was voorheen, 2006-2008, as media- en bemarkingsbestuurder betrokke by Aardklop Nasionale Kunstefees, en keer in Maart 2010 na die fees terug as uitvoerende hoof van beide die fees en die Aardklop Stigting.
Sy vrye tyd word deur sy twee seuns en vrou opgeëis, hoewel hy tyd maak vir sy stokperdjies: lees, skryf en bierbrou.
Om voorsiening te maak vir die oudag van kunstenaars
Gert van Niekerk, Naomi Meyer, Andries Vrey
2013-05-02
Sewentien personeellede, drie fietse en twee bussies vertrek 2 Junie van Potchefstroom na Durban … Die Clover Aardklop-span gaan fietsry ten bate van die Teaterbystandsfonds (TBF).