USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller
2024-02-26"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."

