André Terblanche

André Terblanche is die bestuurder van die Breytenbach Sentrum in Wellington. Hy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en werk sedertdien op die verhoog en agter die skerms as kunstenaar, tegniese en produksiebestuurder en vermaaklikheidskoördineerder. Hy is deel van die produksiebestuur van Joseph and his amazing technicolor dreamcoat (vir Pieter Toerien Produksies en LAMTA) en as akteur in Dean Balie se verhoogstuk Een vir my Baby. Hy tree ook eersdaags op saam met die Stellenbosch Stadsimfonieorkes en deurlopend as stemkunstenaar vir RSG.

’n Onderhoud met André Terblanche, bestuurder van die Breytenbach Sentrum

Naomi Meyer, André Terblanche Onderhoude 2025-08-21

"Ons wonderlike bedryf kan gesond en voortvarend wees as ons seker maak skrywers, kunstenaars en onderwysers het ordentlike fasiliteite, sodat hulle kan fokus op dít waarin hulle goed is en waarvoor hulle lief is. So word daardie wonderlike begeerte om ’n verskil te maak nie geblus deur die beslommernis van admin, kommunikasie, bemarking en die inrigting van fasiliteite nie."

Top