André le Roux

Abraham (André) le Roux is op 14 Julie 1954 in Bellville gebore. Hy matrikuleer in Goodwood en na skool gaan studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. In 1977, terwyl hy nog studeer, is sy eerste digbundel Struisbaai-blues: 'n testament 1973-Desember 1975 gepubliseer. Struisbaai-blues sowel as sy novelle, Te hel met Ouma!: 'n fotoverhaal word deur die Sensuurraad as ongewens verklaar. In 1980 begin hy by Beeld te werk, daarna by Huisgenoot en Die Burger. Hy was eindredakteur by Sarie en is 'n gewilde rubriekskrywer. Sy rubrieke is gebundel as Op die man afNou ja toe en Op die vrou af. In 2008 verskyn Kom ons sit sommer by die tafel en sy vorige kortverhaalbundel Sleep vir jou 'n stoel nader is hierby ingesluit.

Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?

Remona Voges, André le Roux Skrywersonderhoude 2020-04-08

"Wanneer ouers sê nee, ek het nie my kind so grootgemaak nie, ek kén my kind, is hulle na alle waarskynlikheid reg. Maar hulle ken hul kind soos hy by die huis is, nie soos hy tussen sy maats is nie. Die kind by die huis en die een op die speelgrond is nie dieselfde kind nie."

Top