André Janse van Rensburg is ‘n navorser by die Sentrum vir Gesondheidsisteemnavorsing en
-Ontwikkeling, Universiteit van die Vrystaat. Hy is ook verbonde aan die Health and Demographic Research-groep in die Departement Sosiologie, Universiteit Gent, België, waar hy befonds word deur ‘n beurs van die Bijzonder Onderzoeksfonds. As ontvanger van ‘n EU Saturn Erasmus Mundus-beurs werk André tans aan sy doktorale navorsing, wat gedeel word tussen die Departement Politieke Wetenskap by die Universiteit Stellenbosch en die Departement Sosiologie by die Universiteit Gent. Sy navorsing fokus op die impak wat die magstryd tussen die regering en nieregeringsorganisasies het op mense met geestesongesteldhede in Suid-Afrika. As gevolg van sy werk in geestesgesondheidsdienste is hy aangewys as ‘n lid van Emerging Voices in Global Health, ‘n groep jong navorsers wat gaan deelneem aan probleemoplossingsgesprekke tydens ‘n internasionale kongres in Kanada in November 2016.