Amanda du Pisanie
Joernalistiekstudent en deeltydse skrywer met ’n hart vir woorde
The Accidental Ambassador: ’n boekbekendstelling
Amanda du Pisanie
2013-05-29
Suid-Afrika se posisie is nie so sleg as dit met dié van Argentinië vergelyk word nie. Dit was die oorwegende boodskap wat gewese politikus en ambassadeur Tony Leon by die bekendstelling van sy nuwe boek, The Accidental Ambassador, aan die gaste oorgedra het.