Altea woon in ’n "saal" op ’n pragtige plaas in die Paarl, waar sy skilder, lees, stories skryf en haar liefde vir die natuur uitleef – ’n unieke omgewing waar haar siel vry is. Haar liefde vir lees en skryf kom al van kleintyd af. Haar liefde vir stories skryf en om dikwels in haar eie verbeeldingswêreld te leef het haar gedryf om ’n jaar lank ’n skryfkursus by Mariana Brandt te laat doen. Sy skryf graag stories – mense fassineer haar; menswees is vir haar kosbaar.
Sy werk gereeld met "stukkende" vroue, en kinders wat te vroeg blootgestel word aan pyn en geweld. Haar lewenservaring met ’n alkoholis en die mishandeling en geweld wat daarmee gepaard gegaan het gee haar ’n unieke band met elke vrou en kind. "Ek is deur ’n 'Groter Hand' hier geplaas; ek lewe liefde."