Alta van Rensburg

Alta van Rensburg is sedert 2007 die hoof van die Taaldiens aan die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum. Die Taaldiens lewer vertaal-, redigeer en tolkdienste aan die Universiteit sowel as privaat kliënte, en doen navorsing in, onder andere, rekenaargesteunde vertaling en opvoedkundige tolking. Nadat sy haar BA-graad (met hoofvakke Engels en Musiekgeskiedenis) aan die Universiteit van Pretoria behaal het, studeer sy nagraads aan die Universiteit Stellenbosch. Sy verwerf in 2000 die Nagraadse Diploma in Vertaling en in 2005 die MPhil in Vertaling, albei cum laude. Sy is ’n geakkrediteerde lid van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (vertaling van Engels in Afrikaans; redigering in Afrikaans). Alta is tans besig met haar doktorale studie onder leiding van prof. Ilse Feinauer aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands. Die onderwerp van die studie is die gehalteversekering van vertaalde studiemateriaal in ’n hoëronderwysomgewing.


Minimum vereistes vir professionele vertalers: Vertaalvermoë volgens die teorie en in die praktyk

Alta van Rensburg 2014-06-10 Hierdie artikel ondersoek die minimum vereistes wat in die vertaalteorie aan vertalers gestel word deur ’n bespreking van die drie mees onlangse vertaalvermoëmodelle, naamlik die PACTE-, TransComp- en EMT-model.

LitNet Akademies: Anne-Marie Beukes in gesprek met Alta van Rensburg

Alta van Rensburg 2012-06-11 Anne-Marie Beukes gesels met Alta van Rensburg oor haar LitNet Akademies-artikel "Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing".

Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing

Alta van Rensburg 2012-05-16 "Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat nagaan."
Top