Allison Vermaak

Allison Vermaak het grootgeword op 'n klein plattelandse dorpie, Malmesbury. Sy het daar gematrikuleer en toe haar tassies gepak om op Stellenbosch soos 'n properse student te gaan jol. Glad nie daar aangepas nie, weer opgepak en teruggesuiker Malmesbury toe. Sy het 'n graad in B Sc Analitiese Chemie deur UNISA voltooi terwyl sy voltyds in haar pa se laboratorium proefbuise rondgeskud en navorsing in Nederland in een van hul grootste laboratoriums gedoen het. Drie jaar later het haar kreatiewe gogga te veel begin skarrel en het sy 'n nagraadse diploma in kopieskryf aan AAA School of Advertising voltooi. Daarna het sy in verskeie advertensiemaatskappye geswoeg om baanbreker-ads te skryf. Toe het sy by 'n tydskrifmaatskappy aangeklop en uiteindelik gesettle in 'n joppie wat sy nog altyd wou doen: vryskut Afrikaanse kopieskryfwerk. Sy is tans die Afrikaanse Boekeredakteur vir kalahari.net en doen ook werk vir uitgewers soos LAPA en NB. Sy is steeds besig om nog kopiewerk in te win. Sy is getroud met Arnold Vermaak, en hulle het hul eersteling drie maande gelede gehad - Helena Adinda Vermaak. Sy en haar man is sulke boek-freaks dat hulle nie meer plek in hulle huis in Kuilsrivier vir boeke het nie. Dit is tot in die kombuiskaste gepak, die badkamerkassies, onder die bed ... oral waar 'n gaatjie is.

Opgedateer/Updated: 2007-07-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Moenie vir jou langverlof wag om Annemari Coetser se jongste te lees nie

Allison Vermaak 2008-10-07 As jy volgende keer by jou plaaslike biblioteek instap en jy sien die dames agter die toonbank wat gereed is om hul ergernis te onderdruk omdat jou boeke alwéér laat is, bekyk hulle mooi ...
Top