Alison Stander

Alison Stander is ’n dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). In 2011 verwerf sy haar MPhil-graad in Hipermedia vir Taalleer aan die Universiteit Stellenbosch. Sy behaal haar PhD-graad in Desember 2021 aan die UV onder leiding van prof. Angelique van Niekerk en prof. Magriet van der Waal. Die onderwerp van haar studie was: “’n Voorgestelde onderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal in ’n aanlyn omgewing”. Haar navorsingsfokusse is tweede- en vreemdetaalverwerwing, vreemdetaalonderrig – spesifiek Afrikaans, vervlegde leer, rekenaar- en mobielgesteunde taalonderrig en aanlyn leer.

SteedsDink met LitNet Akademies: Alison Stander oor haar akademiese navorsing

Alison Stander SteedsDink 2025-02-03

In hierdie video gesels Alison Stander oor onder meer die toekoms van taalonderrig en die invloed van tegnologie op kommunikasievaardighede. Sy lewer ook kommentaar oor KI, Afrikaans, kritiese denke en etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Alison Stander: taalonderrig en tegnologie

Alison Stander SteedsDink 2025-02-03

In hierdie video gesels Alison Stander oor die bevordering van Afrikaans deur middel van tegnologie en hoe Afrikaans op enige plek aangeleer kan word. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Evaluation of online foreign language courses Gesellig Afrikaans 1 and 2 based on the proposed online teaching model for learning Afrikaans as a foreign language

Alison Stander Academic research 2024-08-13

"The research can contribute to the online teaching of foreign languages and, specifically, teaching a foreign language within a South African context and similar 'low-tech' environments regarding the challenges faced with internet connections (electricity) and data."

Evaluering van die aanlyn vreemdetaalkursusse Gesellig Afrikaans 1 en 2 aan die hand van die voorgestelde aanlynonderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal

Alison Stander LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-08-13

"Die ondersoek lewer ’n bydrae tot die bywerking en verbetering van tans die enigste geakkrediteerde aanlyn kortleerkursus vir Afrikaans as vreemde taal binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks."

Top