Alet Viljoen is gebore in De Doorns in 1987. Sy is Paarl-gim-koshuis toe om kuns as vak te kan neem. Na skool het sy het grafiese kuns en fotografie geswot by Stellenbosch Academy of Graphic Design and Photography. Sy ontvang ‘n BA Applied Design-graad met grafiese ontwerp en fotografie as hoofvakke. Na haar studies het sy ‘n grimering-en-haarstilering-kursus gedoen en dadelik begin assisteer. Na twee jaar trek Alet Indië toe om by haar eerste agentskap aan te sluit. Na ses maande keer sy terug na Kaapstad en teken by ‘n plaaslike agentskap, Supernova Creative Management. Alet werk al vir sewe jaar in die in die fotobedryf in die Kaap. Huis+Hou+Ding is haar debuutuitstalling.