Afrikaans100-projek van afrikaans100.org

Persverklaring: Afrikaans is ons almal s’n

Afrikaans100-projek van afrikaans100.org Persverklaring 2024-05-08

Op 8 Mei 2025 word ’n groot mylpaal behaal wanneer die mooiste taal haar eeufees vier. Ja, Afrikaans as amptelike taal is volgende jaar ’n honderd jaar oud en álmal is genooi. Afrikaans is reeds baie ouer as ’n honderd jaar, maar dit was op 8 Mei 1925 toe Afrikaans, naas Engels, een van Suid-Afrika se twee amptelike tale geword het. Dit gaan ’n inklusiewe feesjaar wees wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid gaan bied om deel te word van die fees. 

Top