Adriaan Louw

Adriaan Louw is ’n boorling van Stellenbosch, waar hy grootgeword het, en is tans ’n matrikulant en prefek aan die Hoër Seunskool Rondebosch in Kaapstad.

By die skool dien hy op verskeie komitees, en hy is voorsitter van die Afrikaans-, Kookkuns-, en Matriekafskeidkomitee. Hy sing koor en neem
orrel-, klavier- en sanglesse.

As hy nie voor die boeke sit nie, skuif hy agter die mikrofoon in om sy dagboekinskrywings op RSG Befonk voor te lees. Vanaf 2011 is hy ook ’n
deeltydse koördineerder van die US Woordfees WOW-Projek. Hy skryf gereeld vir ’n paar webtuistes en koerante.

In sy vrye tyd maak hy musiek, of hy skryf, verken die Kaapse winkels, besoek teaters en restaurante of kuier saam met sy kunssinnige vriendekring.

Opgedateer/Updated: 2011-07-28

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Die stem van Lucky: Adriaan Louw gesels met Eben Venter

Eben Venter, Adriaan Louw 2010-04-06 Adriaan Louw het tydens die afgelope US Woordfees vir Eben Venter raakgeloop en hom uitgevra oor sy jongste roman, Santa Gamka. Die titel van jou jongste roman is sowaar baie interessant. Wat skuil daaragter en waar kom dit vandaan? ...
Top