Adriaan Brand

Adriaan Brand is ’n lid van Springbok Nude Girls, die brein agter lounge act “Van Hunks-Ervaring”, jazz performer, simfoniese-pop- en rock-orkestreerder, teaterkomponis, musiekvervaardiger en musikale regisseur. Hy koördineer ook tans die landelikemusiekontwikkelingsprojek op Solms-Delta, en is ’n ingeskrewe musiekterapie-student by Tuks. Hy het al musiek gekomponeer en verwerk vir die Nasionale Simfonie-orkes en is (na sy mening verkeerdelik) aangewys as Student Life se “most shagged South African musician of 1997”. Hy is vol grappies op ’n goeie dag, en ’n gedugte wegkruipertjie-speler op ’n slegte.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-17

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Les Javan en Adriaan Brand oor Bamboesbos

Henry Cloete, Adriaan Brand, Les Javan 2013-01-17 "In hierdie opsig is die treffendste aspek van my werk – vir my – om te sien hoe mense blom en ontwikkel wanneer hulle hul eie kultuur- en identiteitsouteurskap op die verhoog uitvoer, en dawerende applous daarvoor ontvang."
Top