Adellé von Ronge Kotzé

Adellé is versot op boeke en lees en alles wat oud is en skreeu van karakter. Sy is mal oor skryf en stories uitdink. Sy leef in haar kop en kry raas oor sy partykeer vergeet om te praat. Sommige mense sal reken sy’s 'n snob maar nou ja. Sy werk by 'n veeartspraktyk en is baie lief vir diere (sy dink meer so as vir mense). Sy het 'n boek deur Publishing World gepubliseer: Oepse Daisy. En ook een deur Dagbreek Uitgewers, Grote Griet. Sy het onlangs die skryfgeheimekursus voltooi wat fantasties was. Sy het so baie geleer by hulle. 

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé

Naomi Meyer, Adellé von Ronge Kotzé Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"'Snip se boer' handel oor Monique Fourie wat besig is met haar finale jaar in veeartsenykunde by Onderstepoort. Sy word na ’n brahmaanplaas in die Vrystaat genooi vir eerstehandse ondervinding en raak met die intrapslag op die plaasboer se seun Roelf verlief."

Top