Abri Vermeulen

Abraham (Abri) Vermeulen is ’n professioneel geregistreerde siviele ingenieur met meer as 30 jaar ondervinding in Suider-Afrika se watersektor, wat waterdienste en waterhulpbronbestuur insluit. 

Meer as 15 jaar van sy ervaring is in die (destydse) nasionale Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF - nou DWS).

Hy het uitgebreide kennis en ervaring in die bestuur van nasionale, streeks- en plaaslike projekte en programme van beleidsontwikkeling, institusionele ondersteuning en ontwikkeling en die opstel van wetgewing en bywette.

Hy ondersteun die watersektor oor institusionele, bestuurs- en meesterbeplanningsaspekte.

Water: Wag daar ’n ramp op ons?

Freek Robinson, Abri Vermeulen, Charl van der Walt Onderhoude 2022-06-29

Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.

Top