Abdud-Daiyaan Petersen

Abdud-Daiyaan Petersen is ’n UCT Honours student innie department van Environmental and Geographical Sciences met ’n stêk belangstelling in urbanism, die kenmerke van stede en dorpe en die manie waa’op hulle gebou is.

Hy is oek ’n argiefnavôser wat op Kaapse geskiedenis fokus innie konteks van Islam, slavery, colonization en politieke ballingskap. Hy plaas klem op die gebruik van gemeenskapsargiewe ommie ryk geskiedenis van ’n subaltern Kaapse samelewing te unpack.

Abdud-Daiyaan is tans die voo’sitter vannie Cape Family Research Forum, asoek onne’voositter vannie Western Cape Archives Advisory Committee.

Hy was oek’ie onnerwêp van ’n Al Jazeera documentary oorie Kaapse geskiedenis.

Jeugmaand 2025: ’n dialoog met Abdud-Daiyaan Petersen

Tasneem Daniels, Abdud-Daiyaan Petersen Onderhoude 2025-06-27

"Om relevant te bly en die jeug aan te spreek, moet daar ’n verskuiwing gemaak word van net genealogiese belangstelling na ’n breër historiese belangstelling in kultuur, grond, identiteit, dekolonisasie, ensovoorts. Argief-navorsingswerkswinkels word dus deur die forum aangebied om die publiek toe te rus met hierdie breër vaardighede, maar steeds geraam met die genealogiese belangstelling wat enige lid in staat stel om ’n argief, formeel of informeel, gemaklik te betree om na enige tipe geskiedenis te soek."

Top