Ateïsme en evolusie

  • 4

Fundementalistiese Christene verkeer sterk onder die verkeerde indruk dat sodra iemand in evolusie glo, is hy outomaties ’n ateis of agnostikus. Hulle onderskei hulself ook van ander Christene wat in evolusie glo, diegene as afvallige Christene in teenstelling met hulself as die enigste “WARE” Christene. Tog, wanneer hulle wil beweer hoe sterk die Christendom in die wereld is, gerieflikheidsonthalwe, word almal saamgetel, ongeag die hewige verskille onderling. Hulle is ook onder die verkeerde indruk dat die mens een van net twee keuses het, nl. geloof in evolusie of geloof in die sewedag skepping van die Bybel.

Feitlik. Die meerderheid Christene glo nie meer in die sewedag skeppingsverhaal nie, sonder om juis in evolusie te glo. Ook. Die meerderheid ateïste is self onkundig insake evolusie. Die debat oor evolusie vs. skepping is beskore vir die akademies ingestelde minderheid. Die meerderheid ateïste (hoofsaaklik in Sjina en Noord-Europa) is ateïste vir ander redes as enige geloof of insig insake  evolusie. Godsdiens is nadoods ingesteld. Dit het niks beters as wat enige ateïs daagliks ondervind, materiaals aan te bied nie, nieteenstaande die Bybelse God se beloftes aan sy aanhangers tot die teendeel nie. In teenstelling met die Christene, is ateïste se fokus op die hede, sy eie lewe vanaf geboorte tot sy dood ingestel. Feitlik. Voor geboorte weet hy, het hy nie bestaan nie, en feitlik, nêrens is bewys dat hy na sy dood weer enige lewe gaan geniet nie. Christene wat kanker en ander noodlottige kwale onder lede het, verskil geensins van die ateïs in soortgelyke omstandighede nie. Die gevolgtrekking? Die God van die Bybel is ’n menslike weersprekende versinsel. Godsdiens omskrywe die aanhanger se leefswyses tot so ’n mate dat die arme gelowige onder sielswroeginge geplaas word wanneer hy “oortree”, en in baie gevalle soos ’n skisofreen moet lewe, strydig met sy natuurlike inklinasie teenoor godsdienstige voorskriftelikhede.

Godsdiens is ’n multi-“buck” onproduktiewe  besigheid. Pous, priesters, predikante, ens. word deur leke swierlik onderhou en betaal, om hoofsaaklik vir hulle ’n prekie en gebed toe te dien, en hulle ten tyde van ’n begrafnis ’n plekkie in die hemel te belowe. Paleise, katedrale, swierkerke is monumente tot onproduktiewe kapitaalaanwending, geld wat eerder tot menslike lyding se verligting kon verleen het.
 
Jaco Fourie

  • 4

Kommentaar

  • Beste Jaco,

    Beter kan niemand dit stel nie, dis presies hoe sake staan. Daar is darem een stelling waarmee ek nie saamstem nie. Jy sê: " Die debat oor evolusie vs. skepping is beskore vir die akademies ingestelde minderheid." 

    Jy was beslis nog nie by ’n skooldebat nie, waar die graad agts stry oor wat eerste was: die hoender of die eier.

    Groete

    Angus

  • Jaco, jy sit die pot mis. Kerke, katedrale, monumente en die soort van ding gee duisende in die boubedryf, van argitekte tot staalvlegters, en duisende in die musiekwêreld, komponiste, orrelspelers, trompetspelers die lot, werk en dus betaling. Om daardie geld vir 'menslike lyding' aan te wend gaan net meer mense tot gevolg hê wat ’n negatiewe impak op die omgewing gaan hê: Meer bome word afgekap, meer Karoogrond word gevrek, meer renosters, haaie en leeus word doodgemaak vir muti en, les bes, die persentasie wat pyn en lyding het word groter. En ons nageslag spandeer byna alles waarvoor hulle gewerk het om pyn en lyding te verlig sodat HULLE nageslag ALLES wat hulle het spandeer om pyn en lyding te verlig.

    Angus, ek het nie eers geweet hulle het ’n resies gehad nie. Wie het toe gewen, die hoender of die eier?

  • Jan

     

    Dit was tot onlangs toe dat in Rusland,  katedrale 'n funksionele waarde gehad het.  Hulle was in publieke toilette omskep.  Dit kan vir  jou verblydend wees dat Afrikaanse kerke nog nie dieselfde pad geloop het nie.

    Hulle word nou net in swart kerke (NG Kerk Bosman Str. Pretoria), of in Moeslem Moskees (h/v  Ketjen en Kerk Str. Pretoria), of soos in die Vaaldriehoek en elders in die land,  in besigheidspersele omskep.

     

    Jaco Fourie

     

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top