"Asblikdag" deur Andrew-John Mardon

  • 0

Asblikdag

Vergeet my maar, vergeet my
Ek sal maar staan hier soos die vullis
Wat nou al 'n derde keer in 'n ry
op asblik dag vergeet is

Steek my net 'n bietjie dieper weg
en noem my naam vir niemand
Dis nou nie my skuld dat ek hier is nie
dan wag ek maar vir iemand

Dan sak die son
en die hitte kwyn
Soos die klein bietjie hoop
wat jou nog huis toe moet ry

Maak oop jou oë
Jy sien niks so nie
Dis romantiese stories
wat jou siel vermoor

Kry eerder seer
as wat jy sit en glo
As ek my kop wegdraai
dan hou dit alles op gebeur

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top