soebat, smeek Mens: kanala, Allah,
lei Mens nie binne versoeking in,
verlos Mens van “Duiwelspiek”,
uit Self-destruksie se kultuur,
struktuurgeweld se bose vuur
waarheid mos altyd erger as fiksie,
onkund’-ontkenning so eg realiteit,
hoog bo Tafelbaai, bo Koningin Vic,
bo Krotoa se verlore graf, Parlement,
aan Hoerikwaggo se een ent, demonies,
ikonies verhewe, drie-dimensioneel,
leg sjatan, pseudo-sedig, nimmer ledig,
palm, skreiend, een Gewete na anner in,
weet mos: Millennium Drie Mens is versin,
post-besinningsproses nog glattie begin
Jacobus Faasen

