
Foto: Canva
As jy
As jy met bakhande na my toe kom
met jou drome,
sal ek dit vat
en die beste sonstrale vir dit gaan opsoek
en ’n voëlverskrikker langs dit plant.
As jy in my nek huil
sal ek jou trane opvang
in my rivier wat vloei
na ’n opgaardam
en jou smart daar vasvang.
Ons kan saam die sluise gaan oopmaak
en ons vrugteboord daarmee natlei.
Die soetste bloeisels daarna ruik.
Ons kan saam die vrugte eet in ons paradys,
sal jy vir ewig voel wat ware liefde is.


Kommentaar
Baie mooi!
Pragtig beskryf!