As man in kleine Rome sit, is dit nie te sê dat almal hier reg is nie. Dis nie te sê ek wil alles wat beweeg, behalwe aardbewings en dryfsand, net in Afrikaans pomp nie êrens in ’n toilet. Ek beweeg in hoofsaaklik Engelse kringe van Benoni en hul doen dit nog vir “queen and country” en niemand rep ’n woord hieroor nie. Is jy ’n “boertjie”, het elke 2de fokker ’n eier te lê oor jou doen en late. Wel, gaan gooi jul eie kak met klippe, ek pomp nie oor kleurlyn nie en wil nie in my eie tyd met ander etniese groepe sosialiseer nie, dis my vryheid van keuse, assosiasie en reg tot privaatheid. Toe ek gebore was, was apartheid in plek. So, vir wat moet ek jammer sê? Ek onthou ’n driekamer nasionale parlement, waar Indiërs en kleurlinge saam besluit het oor wit optrede teen swart. Hoekom het almal na 1994 skielik ’n moerse geheue verlies tov politiek in SA? Dis halfgebakte ou kleinlike sirkel-argumentjies wat my kwaad maak, Jan Rap. Ek dink Afrikaanses, Afrikaners en die res, moet ophou met ’n papsakboks oor die kop loop en deur ’n gat daarin na die wêreld kyk.
Hans Richardt

