"As jou engel" deur Victoria van Tonder

  • 0

As jou engel

Ek weet dis net in ons begin, die onsekerheid hang in ons gesig
maar jy moet weet hoe jou engel jou bemin
Jy gee my krag vir die wat my drein
Sonder ? klomp drade in my brein
Jy laat my wonder hoekom jy vir my
jou mooi oë in my rigting skyn
Ek is smoorverlief op jou en jy laat hierdie hart kwyn

REFREIN:
Dan moet ek vra hoe kan ek
as jou engel gesien word, ek is deurmekaar
Glad nie ? model of ster, wat nog jou engel, my lief
Ek het net myself om te gee
maar ek sien nie vlerke
So gee jy die ink en teken my merke
As jou engel sal ek nou wees

Daar is nie 'n engel in hel nie
Jy weet dit
So die moet dan hemel op aarde wees as jy my so liefhet
ek en jy, ons is saam gered deur hierdie nuwe dag
Gryp dit en wees my lief, jy is nie weggegooi
Ek sal jou nie vergeet
Ek sal my vlerke brand om jou te nooi na die lewe met jou engel

REFREIN

So daar is jy ver en ek verlore, sonder my engelvlerke
Met sterre in die nag of die son in die dag
volg ek die pad reg uit na jou hart, hier los ek al my seer en smart
Wees gereed, as jou engel is ek seker jy kan my vlerke herstel
Dis tyd dat jy my voorstel, want daar is nie meer 'n onsekerheid
Wees seker en lag, ons tyd is hier

REFREIN

So gee die ink
Teken in my merke
As jou engel sal ek vir ewig wees

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top