As ek wegraak

  • 0

As ek wegraak in my woorde soos 'n tuimelende rivier
en my hande soos spreeus om my gesig waai,
as ek verdwyn in 'n warrelwind waar my eie
stem murmel en swel,
waarvan die waters stygend
in my ore dan soos die wind op die berge word –

trek my saggies terug soos 'n vlieër
want ek wil heimlik net in jou hande
stil raak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top