"As ek opstaan" deur Drickus Badenhorst

  • 0

As ek opstaan

My hart het gaan staan
My siel is velore
My wêreld vergaan en dit is alles te bowe

Hoekom bly ek staan?
Want ek val, ek val vir jou
Belowe myself nooit weer

REFREIN:
As ek opstaan dink ek net aan jou
As ek gaan slaap is dit alles oor jou
Moet ek bly lê of moet ek jou vergewe?
Kan ek jou weer toelaat in my lewe?

My hart sê iets
Maar my kop sê ek moet nie
Jy het my mislei en ek weet jy moes nie

REFREIN

Ek hoop jy besef nou hoe ek voel
en weet elke woord word bedoel
My hart se deur was oop
en jy het klaar in hom geloop
Verder weg van jou
klop my hart net flou

REFREIN

Jou wil ek hê en in jou arms wil ek lê
Jy is alles vir my en dis waar ek wil bly
Hoop jy voel dieselfde
Ek weet jy is my ander helfte

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top