As ek ’n rand gehad het...
As ek ’n rand gehad het vir elke taxi
Wat my afsny op die pad
Sou ek my eie helikopter koop
En my naam verf op die kant
Gee my ’n sent met rente vir elke loadshed
Met my kopliggie op die bank
Dan sou ek ’n groot generator koop
Vir die hele buurt se krag
Koor
Maar as ek als moes teruggee
Vir ’n middag in die son
Met my tone in die sand
Op Blouberg se strand
Sou ek elke keer weer
Dieselfde keuse maak
En my generator inruil
Vir ’n Bosveldkuier op ’n sterlig-aand
As ek ’n share kon opraap in elke padkaart-
En naambord-besigheid
Sou ek vir seker heelpad bank toe lag
As nog ’n stadsnaam stilweg sterf
Gee my ’n pond se kleingeld vir elke pothole
Tussen Potch en Upington
Dan bou ek ’n reuse foefieslide vir jou
Langs die Oranje se oewer af
![]() |



