as drome subliminaal wegbly (1)

  • 0

dromers raak b’kommerd, as drome wegbly,
gelowiges, herinner aan “Duiwelspiek”-siek, eisj,
stres, markte in duie, stryery, Oos versus Wes,
kapitaalverhaalopdisserslegitimiteit verskraal,
staat kapitaalkeiser byna Baracklik, belaglik, kaal
‘t elk oorlog sy Guantanamobaai, aantal oorlewendes,
kwota sterftes, kollaterale skade, struktuurgeweld,
sadisties vernietiging, lugbesoed’ling, ouerlose kind
hoef armes nie nog rewolusie, versus armoede, t’stook,
genoeg vuur-‘n-rook, chaos, verblinding, verdowing,
vergrusaming, verguising, militarisverontskuldiging,
Millennium Drie, Tyd van strategies herposisionering

storie oor storie, van storie, Mens, Mens se Storie,
NDR en anner projekte, post-Renaissancisties,
van Afrika se mêp af, as onprakties laat vaar,
terwyl belastingbetaalder net na markprys staar,
storie deur Oubaas Siener, Van Rensburg, voorspel,
nes Madiba, ytie Eiland-tronksel, toeka geprofeteer,
lat g’n Taalmonument, suiwer onpatrioties, veragtend,
uitsluitend, vannie meerderheid, soos ‘n Brett Murray,
iewers oppe koppie, moet troon, pryk, kolossaal-fallusaal,
magsvertoonlik, so fascisties uit pas met veeltaligheidsidee,
basies prinsiep iewers uit Etiek Een-nul-een uit opgediep

“isiBhulu” enigste taal eksklusief na Kontinent vernoem,
onderdrukker en onderdrukte, Eerste Mens, plus Tweede,
gelowige en “Duiwelspiek”-papsaklike, tot soort konsensus,
skikking, simbioties bevrediging, mutueel, sal moet kom,
lat Geregtigheid, nes Vryheid, sig stuk-stuk manifesteer,
Mens Self sal kan sien, waar presies leg Dawidswortel,
hoe lank moes Koning grou, hele plant te ontbloot,
uit te vind, Mens woeker, dobbel mos, merrie dood,
daag God yt, wil mossie Hom as Kreateur erken,
dink aaire, Mens kan sjatanstryd so eiehandig wen,
ai, selfs God se Waarheid loepe yslik’ Kaapse draai

grenslyne vervaag, selfs dié van Orania,
volkstaat, enigste land vir Afrikaanders,
binne Afrika, word rassisme letterlik,
figuurlik, met masjien aan lewe gehou,
dink net hoe dinke Oranianiet, opvoeder,
vol superjaloesie, wantroue, afguns, nyd,
lis, haat, Millennium Drie Mens, Gewete-loos,
vol apartheid, Woord rugtoekerend verlaat

lovers hul lus verloor, Viagra klaa’, gedaan,
regeringsalliansie wattie konsensus verstaan,
hul NDR lankal vannie baan, nogge projek,
neo-kapitalisties verslaan, patriotisme,
versoeningswil stil, nasiebou verslaan,
stort kapitaalkeiser poedelnakendkaal,
moraliteitsprojek in duie, spinsangomas,
adviseerders raadop, hanne innie hare,
vleg leuens se koesisters, vertroue verlore,
van meerderheid, fondament van hul steun

g’n verteenwoordiger, afgevaardigde, LP,
eie reg beskore, stemvolk willie wag,
vir leë belofte, “beter lewe vir almal”,
sedert vier-en-negentig, sedertdien,
is situasie mossie wat meerderheid verdien,
wil oud-vryheidsvegter boedel leuens opdis,
vryheidsuitkomste as onprakties verkondig,
Madiba-oomblik ondemokraties-kortstondig

gelowiges se liefde, vir Naaste, smelt nes ys,
kil en berekend, hul dobbelhool, pornnetwerk,
kapitaalkerk, vuil spel-speelveld, ultra-ongelyk,
koelbloediglik’l nageslag as destruksie-agente,
Self-destruksie-bemarkers, hoereerders, oplei,
Gewete-loos, mede-Mens, Naaste, te kasty,
gruwelik-meedoënloos, verder voort te laat ly,
nie bereid onkunde-ontkenning braaf t’erken,
prima facie, as filosofie, hoofideologie, dryfkrag,
magsteorie, superioriteitsindroomgedrewe, o wee,
wesenlik, als wat Mens is, konfessioneel te bely,
ten minste een keer, verifieerbaar te verifieer

Mens se Gewete, eisj, deur sjatan opgesjlurp,
drellend, nes jellie, duiwel onversjadigbaar,
inkorporeer een Siel narie anner, plus info,
opgarend, storend, vir sjy “lewe twee”-eksjtase,
klimaks, van versoeking, toppunt van verleiding,
min gespin met Skeppersbegeerte, Wens vir Eenheid,
sjy agenda heel anners, elke Sielsaanwins sjy plesjier,
te veel Mens toetentaal verdierlik, nes ondier, gehaat,
toentertyd al van Gewete verlaat, sukkelend, hlopekha

meer, net meer en meer, Homo Sapiens Sapiens, Spesie,
innie chaos, ultra-paniekbevange, wesenlik wanordelik,
onbetaamlik, sonner sprake van preuts-skaamgeit,
Mens Mens Self sinies, nihilisties vernietig, afbreek,
letterlik en figuurlik, stuk-vir-stuk, letste greintjie,
Gewete, Konsiënsie, uit haar laaste vesting uit ruk,
Mens, Gewete-loos, Mens Self, Naaste, so wil skik,
na sjatan, ultra-ikoon van “Duiwelspiek”-ikonografie,
se wil, begeerte, lis, magsdrang, super-superioriteitsin,
onfilosofies, onhistories, onwetenskaplik, onakademies,
Spiritueel disfunksioneel, eties ongeletterd, onalfabeties,
lewenstyl, visie van Lewe Twee-visie, van Groter Geheel,
nie eintlik in Mens se lewe ‘n rol speel, g’n beplanning,
net verwardheid, benardheid, opsetlik Self-destruktiwiteit

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top