As
As blomme maar vir ewig kon hou
As kerse maar net kon aanhou brand
As Aspoestertjie net kon sing
sou sy ’n beter boodskap kon bring
As die son maar elke dag helder sou skyn
sou ons hoop nie sommer so verdwyn
Al sou blomme steeds verlep
en kerse ophou asem skep
Al sou die son soms verduister
en storms broei, moet jy aanhou luister
As haelkorrels verwoesting saai
en die oes sweepslaan
Moet jy weet, niks hou vir ewig nie
Maar dit kan beter raak
Maak dit dan regtig nog saak?
Niks hou vir altyd nie, maar onthou
maak so nou en dan ’n plan, jy kan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


