As
As jy weg van my sou gaan
sou die son doodstil bly staan
terwyl die maan
nooit in sy baan
weer voort sal gaan
die son sou ongenadig gloei
die aarde onder hom verskroei
tot waterare ophou vloei
en seë tot slegs leegtes bloei
en ek sal word soos wintergras
wat in sy gloed verbrand tot as.
![]() |



