Armoede in SA soos hamster in wiel

  • 8

Die armoedekwessie in SA is vir my soos ’n hamster in ’n wiel. Die kleintjies leer by die ouers. 

Ons ouer mense het uit era van wit armoede gekom. Deur te breek met die ouerhuis en die wêreld op jou eie, op verantwoordelike manier, aan te pak was enigste manier om die siklus te breek. Ek dink nog aan die tipe beledigings van familie, bv "jy dink jou gat stink nie/ jy dink jy is beter as ons".

Ek het vir byna twee dekades in Daveyton gewerk. Dit het my altyd verbaas as huishoudelike geskille besleg moes word, dat seuns (40 tot amper 60) nog agter in die erf van die bejaarde ouers geplak het, saam met hul kinders en kleinkinders. Die idee was "dis my ma of pa se huis"! Tog het hul nooit die strewe gehad om hul eie lewe te maak en iets te bereik nie.

Is dit genetiese armoede of afhanklikheidsarmoede? Daar is tog vele soortgelyk onder alle etniese groepe.

Hans Richardt

 

  • 8

Kommentaar

  • Hans ek dink dit is 'n probleem onder alle etniese groepe. Ek was 17 jaar oud toe is ek "strate" toe. Ek het nooit weer teruggetrek huis toe nie. Het gaan kuier. Ek dink dit is in die gene of 'n kultuur.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, verstaan jy dan? My twee dogters het ek geforseer om so gou moontlik na matriek op hulself aangewese te wees. Waarom kinders van 20 en ouer nog onderhou, veral as jy pensioenaris is?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, dit is dieselfde konsep, selfbeskikking vs ouers wat oor jou lot moet beskik. Ek verduidelik hierdie konsep, want ene FC Boot bly my met sirkel-argumente aanval oor selfbeskikking vs staatsbeskikking.
    Daar is niks wat 'n kollektief van eendersdenkendes verhoed om as kollektief beheer te neem oor hul eie sake nie, tewens die SA-Jode en -Moslems doen dit al reeds dekades lank met eie instellings soos bv skole. Hul doen dit op uitsluitingsgrond van geloof, jy moet van die spesifieke geloof wees om skool te kan gaan in hul skole, dis nie toeganklik vir almal op grond van Lesufi se voorskrifte nie.
    Ek weier om FC Boot se standpunt te aanvaar, want as twee minderheidsgroepe dit mag doen, waarom moet Afrikaners geforseerde etniese amalgamasie-beleid onderskryf?

  • Beste Hans
    Twak man die gesprek het nog nooit gegaan oor selfbeskikking vs staatsbeskikking. Jy verstaan nie die erkende definisie van selfbeskikking nie soos ek dit herhaaldelik geskryf het.
    Jy verstaan ook nie die begrip kultuur nie. Enigiemand wat direk of indirek, soos ek, in aanraking met onderwys was, sou duidelik die invloed van ander kulture in Afrikaansmediumskole waargeneem het. Gaan kyk gerus hoe dit tans in die skole gaan teenoor 25 jaar gelede gaan.
    Kultuur is 'n lewenswyse: https://af.wikipedia.org/wiki/Kultuur
    Die HAT-woordeboek gaan verder en omskryf dit as: “Die ganse geestelike besitting van ‘n volk of groep op elke lewensterrein; die geesteslewe; die beskawingstoestand van ‘n groep."
    Wanneer die groepe dan bymekaar kom met een gemeenskaplike doel nl die handhawing van Afrikaans neem hul met hul verskillende lewenswyses aan dit deel en beïnvloed mekaar. Dit kom selfs in die beoefening van godsdiens na vore want jy word gelowig binne 'n sekere kultuur asook die vlak van kennis binne die kultuur.
    Kyk gerus na Akademia se grondslag: Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.
    Dit het waardes soos gemeenskap.
    Akademia fokus daarop om die Afrikaanssprekende gemeenskap toe te rus met die vaardighede om ’n goeie toekoms te kan skep en Christelik: Akademia se fondament is op die Westers-Christelike tradisie gelê. Kleur speel dus geen rol nie en studeer elke student binne die konteks van sy kultuur en dan baie belangrik pas hy die verworwe kennis toe ook uit sy kulturele agtergrond.
    In November 2018 spreek Malema in Sandton swart professionele mense toe. Nie een staan op en bevraagteken hom nie, maar ondersteun sy sienswyse : "Before we crush the white system, let’s build our own.”
    Baie van hierdie mense het hul opleiding ontvang aan voorheen model 'C'-skole en het dieselfde universiteitsopleiding as wit studente ontvang, maar hul kyk met hul “kulturele oë” na sake van die dag en staatsinstellings.
    Die kritiek teen die Reserwebank kom nie van ongeleerde mense alleen nie. Natuurlik kan 'n mens sulke instansies hê wat Afrikaans bevorder maar jy kan hul nie isoleer van die kultuur van sy studente nie.
    Jy verstaan duidelik nie wat ek voorheen geskryf het nie, want anders sou ek nooit 'n AfriForum-lid gewees het nie. Dit het dus niks met sirkelargumente te doen nie, maar wat binne elke sirkel gebeur.

  • Beste Hans,
    Daar is 'n sielkundige effek hieraan gekoppel wat gelykstaan aan die sogenaamde "battered wife syndrome". Die slagoffer keer maar net weer en weer terug na dieselfde omstandighede toe, want dis al wat hy of sy ken. Die sindroom waarna ek verwys word "aangeleerde hulpeloosheid-sindroom" genoem. Mense leer om hulpeloos te raak! Laat my dink aan die Bybel wat sê dat waar daar 'n gebrek aan visie is, vergaan 'n nasie! Ek was al self deur twee afleggings en een maatskappy wat bankrot gespeel het, en laat ek jou vandag vertel dat met drie dogters en 'n pragtige vroutjie wat in jou oë kyk om hulp en rigting (en GELD), is dit nie grappies nie! Ons oplossing lê in vaardighede, harde werk en visie, (die groot een), en samewerking! Hoop dit kleur die prentjie verder in. Groete

  • Avatar
    Hans Richardt

    FC Boot, waarom moet ek met jou opinie saamstem, as ek nie wil nie? Jy is geregtig op jou opinie en ek op my.
    Dit gaan wel oor selfbeskikking en staatsbeskikking, want die staatsbeskikking hou mense in die greep met voortdurende "stukkende stelsels" en geldmors-kommissies.
    Met selfbeskikking bly jy as individu mede-verantwoordelik van jou kollektief se verantwoordelikheid.

  • Beste Hans
    Ek sê mos nie dat jy met alles moet saamstem nie, maar dit moet haalbaar wees binne die samelewing waarin 'n mens leef. Al wat ek sê is dat geen instansie ,na aanleiding van die definisie van taal en kultuur, sigself kan losmaak van die draers van kultuur nie.
    Die mees veranderlike wese op die planeet is juis die mens. Daar is gedurige aanpassing by nuwe omstandighede en daarmee kom die aanpassing van taal. Nuwe woorde word gedurig bygevoeg en oues vergeet en word daar lustig van ander tale gebruik gemaak en ook ander betekenisse aan woorde gegee. Soms word uitdrukkings woorde. Hoeveel mense weet vandag nog wat die oorsprong van 'voetsek' is of dat 'n kombuis die kookplek op 'n skip was?
    Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar in 1953/54 was daar nog skolevoeding en het ons nog ons eie studs van afvalleer gemaak en was daar geen sportveld by die skool en het ons tussen dubbeltjies en koeimis op 'n naburige plot geleer geskrum met koeie en meisies as toeskouers.
    Jy noem Joodse en Moslemskole as voorbeelde maar ook daar sal jy kleurskakerings en mense van ander kulture kry, want geloof is nie afhanklik van kleur en kultuur nie en moet hul nog steeds funksioneer binne die beginsels van die grondwet. Was jy al in 'n woongebiede soos Actonville en Wattville wat destyds onder die Dept Nie-blanke-sake van Benoni geval het?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top