Aptekers, is dit reg?

  • 0

Tot ’n paar jaar gelede het ek my medisyne sommer by die dokter gekry, veral as dit na-ure was en iemand is baie siek.

Die reëling het goed gewerk, dokters het net basiese medisyne aangehou en jou in elk geval gewoonlik reguit apteek toe gestuur vir nog tien goed wat hulle nie aanhou nie.

Iemand besluit toe in “wysheid” om dokters die reg te ontneem om medisyne aan pasiënte te gee – aptekers leer mos hard vir jare daarvoor en hoekom wil dokters kos uit hul monde neem?

Tsja, en nou?

Nou het supermarkgroepe apteke. Baie apteke maak toe omdat hul besighede nie meer lewensvatbaar is nie.

Het die supermarkte maar net regte aptekers aangestel dan het ons mos teoreties nie ’n probleem gehad nie!

Maar nee, sulke half dom, onvriendelike (met ’n moewiese chip op hul skouer) “pharmacy assistants” is nou ons hulp in nood.

Die diens is skrynend, met siek mense wat in lang toue moet staan, een apteker en vier (ek gaan dit weer sê) dom assistente wat help.

Vra bietjie as jy weer noodgedwonge by Clicks of Checkers se apteke (wat terloops duurder is as die apteek wat ek normaalweg by goed koop) bedien word of die persoon ’n gekwalifiseerde apteker is.

Hul gaan verontwaardig ja antwoord, maar as jy vra by watter universiteit gaan hul jou aankyk asof jy met die maan gepla is en as jy aandring gaan hul vies noem dat hul kwalifiseer is as ’n aptekers assistent en ’n sertifikaat of brief het wat dit kan bewys.

Vra dan waar is die gekwalifiseerde apteker en al die assistente gaan jou nou vyandig aankyk. Dring aan om die apteker te sien. Kans is goed dat hul gaan begin hakkel en noem dat sy gou uit is op ete.

Toets hierdie gerus.

Ons mag nie net aanvaar dat hierdie supermarkte – letterlik – moontlik met moord kan wegkom nie.

Dokters skryf soms bietjie onleesbaar en formules of verdunnings kan ingewikkeld raak.

Isabel M

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top