April en stilte

  • 0

April en stilte
Tomas Tranströmer

Die lente lê verlate.
Die fluweelswart sloot
kruip hier langs my
sonder weerkaatsings.

Die enigste iets wat glinster
is geel blomme.

Ek is geborge in my skadu
soos ’n viool
in sy swart kas.

Al wat ek wil sê
glinster buite bereik
soos silwerware
in ’n pandjieswinkel.

 

Vertaal deur De Waal Venter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top