nie alles onsin, soos eg wet’nskapl’k b’weer,
Veritas nie als, altyd verifieerbaar, dis waar,
Self-destruksie-teorie nog glattie b’studeer,
groei “Duiw’lspiek”-papsakleër totte skaar
superioriteitsindroom, testosteroon, oorlogsug,
b’ginsels, prinsiepe, idees, kontrakte, sup’rklug,
assit so aanhou, gat Mens Paradys helemal mis,
onkund’-ontkenningsvirus woeker vort, ’s g’wis
sogenaamd ‘g’lowige’, ‘agnostikus’, ewe sinies,
Self-destruktiewe spin, neo-skolasties-spasties,
dis hoekom mamparas mugus b’veg, sporadies,
in hul eie wêreld, ultra-pseudo-kwasi-fantasties
gorr’l, sluk Mens, submissief, sjatansjif,
g’wet’nloos, ja, streng volg’ns voorskrif
Jacobus Faasen

