Gilgamesh praat van my en sê “Rattle sy hok hard genoeg en hy gaan homself nie kan help nie. Keer op keer stamp hy sy kop teen die tralies en wys sy ware kleure.” Maar lees intussen ook gerus my brief waarop hy reageer en sien self hoe onvanpas en basisloos sy reaksie is ... dit hou verband met wat ek hieronder skryf.
Interessant hoe sommige agnostici op gelowiges wil projekteer vanuit die beperktheid van hul eie verwysingsraamwerk. Byvoorbeeld – dit is welbekend dat agnostici die religie van Darwinistiese evolusieleer aanhang. Hoe anders? Hul besef tog immers dat hulle een of ander verklaring vir die ontstaan van dinge behoort te hê en het verkies om ’n stel fabels, die Darwinistiese tipe evolusieleer, daarvoor te gebruik. Deel van hierdie fabel is dat die mens op een of ander manier van ape afstam. Nou ja, as die hedendaagse mens van aap praat, assosieer jy dit noodwendig met aap se kind in die hok by die dieretuin. Vandaar die assosiasie met aap inhok, asof ek dan on ’n hok sou staan en my kop teen die hok se tralies sou stamp – tipies optrede van die evolusionis, wat homself mos vrywillig as aap sien en daarmee assosieer en dan ook daardie inhiberende hok van die selfdesepsie sindroom waarvan ek nou al lankal praat, waarin hulle hul bevind – en só sien Gilgamesh dan nou vir homself staan en kopstamp in ’n hok soos dit ’n aap betaam, wyl hy eintlik moet probeer sinvol kommunikeer. As mens sy artikel aan Wouter nou die dag ook in ag neem, word dié desperate kopstampery nóg beter gedemonstreer, omdat hy wragtie nie meer weet waarheen nie.
So van “elkeen sy eie waarheid” gepraat.
Volgens Gilgamesh (en hy is beslis nie alleen nie, Cornelius is dit met hom eens), kan elke mens vir homself sy eie waarheid saamflans en daarvolgens lewe. Mensig! Wat ’n hersenskim. Dit is logies dat daar nie twee waarhede omtrent dieselfde feit kán bestaan, nie. Dit is die soort van benadering en optrede wat jy van kranksinniges kan verwag – waar elkeen in ’n geslote hersenskim-wêreld van sy eie lewe, omdat hy nie tot beter in staat is nie en omdat hy ook nie meer verantwoordelikheid kan en wil neem vir sy eie optrede nie.
Nugter denkende mense weet egter dat waarheid op sy eie bene staan, onafhanklik van die opinie of sienswyse daaromtrent van mense en as sulks objektiewe maatstawwe daarstel, in sigself ’n objektiewe maatstaf. In Spirituele terme is God, die HERE Jesus Christus, die Waarheid en die Waarheid waaraan álle mense se optrede en sinne gemeet sal word.
En dit is so – daar is ’n paar mense wat vry rondloop met dié “persoonlike waarhede” filosofie van die New Age… die logiese is dat dit tot konflik sal lei. Noodwendig, want elkeen wil sy “eie waarheid” beskerm en gegewe meer as ses biljoen mense op aarde, sál daar konflik wees weens botsende belange. Net ’n kranksinnige sal dít nie insien, nie. Kyk maar om jul heen – ons leef in polisiestate waar orde afgeforseer moet word in weens al die botsende belange en dit raak ál erger.
Daar is net Één universele stel Waarheidsreëls – dié HERE, God se Woord, is die Waarheid en daaraan sal algar geoordeel word:
“Johannes 12:
48 Wie My verwerp en nie My Woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die Woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel”. Sien ook Johannes 5:22-23; 27; 8:16; 9:39.
Soveel dan ook vir “cherry picking” waarna Gilgamesh nou ook verwys… Iemand wat nie weet wat hy doen nie, sal onbruikbare groen kersies probeer afpluk en eet en maagwerk kry. Maar die kundige pluk van die kersieboom heerlike vrugte – vruggie vir vruggie – en geniet dit terdeë. Waar hy jy al iemand gesien wat die kersieboom meteens in sy mond probeer druk? Nee, - kersie vir kersie – mits jy weet watter kersies is gereed om gepluk te word. Só ook met die Woord van God. Die agnostikus sal blindelings die eerste die beste gryp en misbruik.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Ag, kom nou, Kobus. Jy glo tog nie dat jou oer-oupa 'n hopie grond was en jou oer-ouma 'n ribbebeen nie? Gaan kyk in die spieël en jy sal sien dat aap jou nefie is.
So gretig en haastig is jy om by jou eie opinie te kom dat jy nie die moeite doen om iemand wat van jou verskil se brief behoorlik te lees nie.
Dit het nou al 'n gebruik geword by ons om ons brakkie, elke keer as hy buite gaan kak, twee been-beskuitjies te gee. Soms hardloop hy net uit en in, sonder om te kak, en kom vra dan sy beskuitjies. Die ding is, hy is so oulik dat mens nie kan weier nie. Jy is nie oulik nie en daarom gaan ek nie vir jou 'n beskuitjie gee vir hierdie brief van jou nie.