Jy vra of, as Afrika dan nie die bakermat is nie, waar die bakermat dan is. Dit is daar waar skrif uitgevind is om rekord te hou en geskiedenis op te teken, waar ’n regstelsel ontwikkel is en gepoog is om dit konsekwent toe te pas, waar gemeenskapsvryetyd-besteding begin posvat het en manifesteer het in goed soos simfonie-orkeste, beeldhou, skilderkuns, uitvoerende kuns, letterkunde en casinos. Ook waar die ondersoekende gees ontluik het wat uiteindelik gelei het tot navorsing en die ontwikkeling van ’n tegnologie wat verantwoordelik was vir, onder andere, geboue met haaks hoeke, waterpasvloere en loodregte mure en ’n infrastruktuur wat dienste soos riolering, watervoorsiening en paaie insluit.
Jou volgende vraag impliseer iemand, iewers, het gesê "gebou [maak] bakermat". Bedoel jy geboue of bouwerk? Hoe dit ookal sy, dit is nie so nie; lank voor, wat as beskawing aanvaar word, het mense al strukture opgerig. Miskien probeer jy sê Egipte is die bakermat van die beskawing en dit mag dalk wees, maar die Egiptenare is nog lank nie Afrikane nie, hulle is ’n Semitiese ras.
Laat ek net byvoeg; "beskawing" beteken nie noodwendig beskaafde optrede of lewensgehalte nie. Daar is, wat as primitiewe gemeenskappe bekend staan, waar medemenslikheid en lewensgehalte beter is as in baie sogenaamd beskaafde gemeenskappe. Maar, terselfdertyd, is daar primitiewe gemeenskappe waar lewensgehalte en beskaafde optrede nie bestaan nie.
Beskawing werk soos kwalifikasies; as jy jou iewers moet vestig en lewensgehalte en regverdige behandeling is van jou behoeftes dan is jou kans daarop beter in ’n beskawing. Net soos wanneer jy ’n werker moet aanstel, die ou "met die papiere" is statisties ’n kleiner risiko as die ou daarsonder, maar dis nie ’n waarborg nie.
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap, dan moet ook net onthou word die Egiptenare van vandag is nie die Egiptenare van toentertyd nie. (Net soos die Amerikaners van vandag nie doerietyd se mense is nie, of netso vir Suid-Afrika ens...)
Die beeld van Nefertiti het besonderse westerse gelaatstreke, en dis welbekend dat in die tyd wat die piramides gebou was, was daar 'n heersersklas en 'n slaweklas. Die slaweklas het grootliks uit Nubi?rs bestaan.
So om nou die Piramides as spogprestasie van Afrika, en by implikasie Afrikane af te maak, is bloot wensdenkery.