Antwoordjie op Williams se uitdaginkie!!!

  • 0

Hoe werk jou kop? Jy noem my ’n leuenaar en in dieselfde asem vra jy in watter land gebeur die dinge wat ek genoem het NIE. So jy weet hierdie dinge gebeur in die NSA en jou verskoning is dat dit oral gebeur en tog noem jy my ’n leuenaar. So waaroor lieg ek nou?

Maar dit nou daar gelaat want jy sal tog nie daarop kan antwoord nie.

Hoekom vra jy hoegenaamd die vraag in elk geval? Maak vergrype in ander lande vergrype hier verskoonbaar? Kan ’n veearts wat hier by renosterstropery betrokke is versagting pleit omdat gorillas onwettig in die Kongo geëet word? Natuurlik nie.

Dan is daar nog die kwessie van graadverskil. In ’n land waar oor die 20 000 moorde ’n jaar plaasvind is die misdaad erger as in ’n land waar 300 moorde ’n jaar is, of om ’n uitveër by die werk te steel is minder van ’n misdaad as om 200 duisend mense se pensioen te steel, of om ’n meisie in die ander tyd te sit is nie so erg as om ’n invalide te verkrag terwyl iemand haar vashou nie, die soort van ding. Dink bietjie daaroor en as jy sukkel om te snap kan ek nog voorbeelde noem.

Maar laat ek nogtans jou vragie beantwoord. Die eerste land waaraan ek kan dink was SA tot so in die vroeg 70's; die regering daardie tyd kon nog entropie beveg. Om die waarheid te sê, die land het toe gegaan van krag tot krag. Skole het gewerk, parke was skoon, paaie en rioolwerke was in werkende toestand, treine het oral op blink spore gery, voorstede en kampusse was sonder tralies en hekke, klein dorpies was ’n plesier, strande was veilig en mense kon na fliek in die middestad nog windowshopping doen.

Die volgende land waarin ek kan dink is Denemarke. Dan is daar nog Swede, en Nederland, en Duitsland, en Switserland, en Spanje, en Portugal, man, sommer die hele Europa. Dan is daar nog Amerika en Kanada ook as ek nou so vinnig dink. Nie dat in enige van hierdie lande daar geen misdaad is nie, elke land het immers sy tronke om booswigte uit die samelewing te weer, dis net dat vergrype daar in omvang amper onbeduidend is teenoor die verval hier. Hierdie lande se infrastruktuur word uitgebou en gehandhaaf; hier word dit afgebreek en meestal, lyk dit my, aspris.

Ek kan my kwalik indink dat dienste só verwaarloos word in, sê Oslo, dat die stadsbewoners uit protes die strate met rommel bestrooi, vol klippe pak, bande aan die brand steek en verbygaande karre met klippe gooi. AS dit daar gebeur het was dit by uitsondering; hier op ’n kol het dit ’n paar maal per week gebeur.

Nou, soos ek hier skryf, is daar ’n berig van twee ouens wat in die hof verskyn het; hulle het ’n sangoma met klippe doodgegooi, nogal ten aanskoue van ’n groot groep mense. Volgens hulle sou die sangoma ’n kind laat verdwyn het maar intussen het die ma van die kind laat weet dat sy die kind gekry het. Kan jy jou so-iets in Swede voorstel? En AS dit in Swede gebeur sal dit vir weke voorbladnuus wees. Hier is dit more al vergete.

Kan jy jou indink dat in Denemarke ’n boer, partykeer 3, per week vermoor word? En nie net bloot vermoor nie maar doodgemartel, so ook sy vrou en kinders? Sal die Deense regering so-iets duld? Hier is dit aan die orde van die dag maar haal skaars die nuus.

Vandag, by geleentheid van ’n kranslegging op Dube se graf (’n gesiene ANC-leier van so paar dekades terug) het sy dogter gesê haar pa sou baie teleurgesteld gewees het oor die gebrek aan dissipline vandag; haar pa het mense geleer om respek vir ander mense te hê.

So, daar is swartes (duisende van hulle) wat die huidige verval veroordeel, met ander woorde die onbekwaamheid van die regering, die soort van ding maar jy spring op ’n kassie en kondig luidkeels aan dat SA onder die top 3 lande is en steeds klim. Op die manier, soos altyd, vestig jy net weer die aandag op die chaos hier.

Jou maatjies gaan begin dik raak vir jou.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top