Antwoord vir Thomas

  • 3

Thomas, jy vra wat ons vir julle gesê het (onderaan my brief aan Niekie van den Bergh nou die dag). Is jou geheue só kort, of het die ontkenning epidermiese proporsies aangeneem soos Oubaas sou sê.

Ons het vir julle gesê die NP-beleid gaan lei tot 'n een-man-een-stem-storie en dit gaan nie werk nie, kyk maar na die lande ten noorde van ons het ons gesê. FW de Klerk self het blykbaar hier in 1979 gesê dat as die NP ooit die PFP-beleid sou implementeer dit sal lei tot chaos en ekonomiese verval.

Nou-ja, daar het hulle toe PFP-beleid implementeer (ironies genoeg was einste De Klerk instrumenteel hierin) en daar hét dit toe gelei tot chaos en ekonomiese verval. Wanneer hierdie feit nou uitgewys word aan julle, reageer julle soos Niekie; sê ons moenie dit nou kom uitwys nie of soos jy wat bewusteloos pleit of soos Jaco wat woedend klappe uitdeel en sommer vir Dan Roodt as persoon aanval.

Benewens bogenoemde is daar die volgende regverdigingstrategie wat nou al sterker na vore kom: Daar was hierdie verskriklike ding genoem apartheid en watter euwels ookal mag manifesteer na 'vryheid' sou niks in vergelyking met bose 'apartheid' wees nie. Ook van groot hulp met julle ontkenning is die koerante; 'n studentepoets en 'n skryfster wat noem dat sy nie swartmense vertrou nie kry meer respektiewelik meer negatiewe nuusdekking as plaasaanvalle en Malema-hulle se oproep tot moord op boere en Boere. Hoe anders, hulle was dan die groot drywer vir hierdie bedeling.

As dit nie jou beantwoord het nie, vra maar weer.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Jan Rap

    En julle oplossing vir een-mens-een-stem waartoe die meerderheid van ons bevolking hulle sou verbind was nou weer??

    Thomas

  • Jan Rap:

    Ek weet nie presies waaroor jou en Thomas se stryery gegaan het nie, so ek wil nie te veel sê nie. Maar ek wonder soms oor die idee van "chaos en ekonomiese verval." 

    Sover ek weet het Suid-Afrika se ekonomie die afgelope dekade min of meer konstant gegroei, behalwe vir ’n paar maande, en dit was a.g.v. van ’n wêreldwye ekonomiese probleem waaroor ons nie beheer gehad het nie. Vergelyk dit met Suid-Afrika se ekonomie in die jare tagtig. 

    En het ons werklik nou meer chaos as toe? 

    Dit is seker wel so dat die ekonomie veel vinniger kon gegroei het, en dat die huidige regering besig is om met groot entoesiasme elke laaste fout wat die NP gemaak het nou weer te herhaal. Mens kan straks ook redeneer dat F.W. en kie tydens die onderhandelinge meer ruggraat aan die dag moes gelê het en moes aangedring het op ’n blanke tuisland of so iets. Dit is ’n goeie vraag hoeveel blankes werklik in so tuisland sou wou woon – Suid-Afrika se blanke boere is bv. flink besig om na die res van Afrika te emigreer, waar hulle ’n selfs kleiner minderheid uitmaak as wat hier die geval is. Nie na Orania nie. (En dié boere wat wel ’n volkstaat wil hê maak omtrent almal op groot skaal van goedkoop swart arbeid gebruik – is dit nou skeinheilig of wat!)

    Ek weet nie of ons dit gaan maak nie. Maar ek is nie seker daar was eintlik veel van ’n ander keuse as onderhandelinge nie. Ek wil nie weet hoe die land vandag daar sou uitsien as ons nie onderhandel het nie, maar ons sou Israel/Palestina waarskynlik soos ’n piekniek laat lyk het. En sonder die feitlik onvoorwaardelike steun van Amerika, wat Israel op die oomblik geniet.

    Nou ja, nou word die sondes van ons vaders aan ons besoek, en dit sal seker so aangaan tot in die derde en vierde geslag. Ek het nooit besef hoe reg die Goeie Boek soms is nie. Maar as ek so rondom my kyk na die huidige geslag jong Afrikaners hier in Centurion, dan dink ek die "omgekeerde diskriminasie" het hulle sterker eerder as swakker gemaak. Hulle tref my as baie meer doelgerig en verantwoordelik as wat ek op daardie ouderdom was, en hulle skole handhaaf ’n veel hoër standaard as waarmee ek grootgeword het. 

    Soos ek al vantevore gesê het, ons is nou in ’n soortgelyke posisie as die Europese Jode in die eeue voor die twintigste. Teen hulle is ook op groot skaal gediskrimineer. Hulle is ook deur wetgewing uit sekere beroepe gehou. En wat was die gevolg? Teen die einde van die 19de eeu was hulle die bes opgevoede en mees welgestelde etniese groep in Europa. ’n Baie beduidende deel van die moderne beskawing is deur Jode uitgevind. En ek het so gevoel Afrikaners is so al klaende besig om die Afrika-ekwivalent van hierdie storie te word.

    Nou moet ons net hoop dit eindig nie met ons soos dit vir die Jode in Europa geëindig het van 1930 tot 1945 nie. Maar dit sal sekerlik so half en half van onsself ook afhang. 

  • Brianvds

    Pragtig en pro-aktief gestel, heel duidelik is jy iemand wat eerder die Afrikaner-tema in ’n positiewe lig sien als die re-aktiewe gekkegrensers wat by pre-1994, negatief wil vasskop. 

    Wanneer iemand iets DOEN is sodaniges onderhewig aan flaters in die proses.  Diegene wat NIKS DOEN nie, kan ook in die proses nie flaters begaan nie. Dit maak nie van hulle beter mense om vir die ander te kan sê:

    "Wêh! Ons het julle mos gese"

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top