Antwoord vir Jaco Fourie

  • 0

Beste Jaco

Daar is ons nou weer terug waar ons begin het. By die lees van jou brief maal “There's a Hole in the Bucket' deur my kop.

Byvoorbeeld die kwessie van die turncoat is nou mos al lankal, in ’n vorige reeks briewe, goed deurtrap. Daar is nie sprake van ’n turncoat nie; as hy eers ’n liberaal was – in die destydse politieke sin – en nou nie meer een is nie, beteken dit bloot sy oë het oopgegaan.

Jy pluk ’n lat vir jou gat met jou melodramatiese " ... terwyl mede-Afrikaners in Angola sterf ..." Indien meer se oë destyds oopgegaan het, was honderdtalle (is dit dalk in die duisende?) boere nie op hulle plase vermoor nie, was daar nie nou wegholmisdaad en pandemiese korrupsie nie, was daar nog Afrikaanse skole en universiteite en was die bykans 300 vervalle dorpe, wat nou sonder behoorlike riolering en watervoorsiening sit, nog skoon. Duisende mense wat al die land verlaat het (en honderdduisende werksgeleenthede saam met hulle) juis as gevolg van hierdie toestand sou nog hier gewees het.

Dan Roodt, soos baie ander, sien hierdie goed maar anders as baie ander, wys hy dit uit op ’n energieke manier en dit steek die wat in ontkenning lewe dwars in die krop. Hulle haat hom want hy maak hulle pynlik daarvan bewus dat hulle die land in die steek gelaat het en/of meegewerk het om hierdie gemors te bewerkstellig.

In die lig van die heersende toestand is dit nie vreemd dat mense ’n versugting na ’n volkstaat het nie, maak nie eintlik saak waar nie. Dit is eienaardig dat dit jou so ontstel, jy's veral ontstig oor Dan, volgens jou nou, nie presies sou weet waar hierdie volkstaat is nie. Hierdie ongemaklikheid van jou is ’n raaisel, verduidelik tog asseblief.

Die kwessie oor die skelwoorde is, om nou “koos sas” se goeie uitdrukking te gebruik, al tot fyn poeier getrap. Nie Dan of sy mense (wie hulle ook al volgens jou mag wees), of mense wat grootliks met hom saamstem soos ek byvoorbeeld, skel mede-Afrikaners nie. As jy wat ek sê (maw INDIEN, DAN) as skel definieer is dit ’n vulletjie in vergelyking met hoe jy gal braak teenoor die wat nie julle sienings deel nie.

Jy het nou in hierdie reeks briefwisselings nog glad nie tot enige debat toegetree nie; net opinies uitgespreek soos byvoorbeeld jou verwysing na “... belaglike rubrieke ...”. Dit mag so wees maar tot tyd en wyl jy kan vertel HOEKOM dit belaglik is, is jou skrywes sinneloos.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top