Jy vra watter land is meer korrup as Rusland. Die antwoord is natuurlik die NSA, lees maar die koerante en kyk die nuus en hou in gedagte dat dit net die oortjies van die seekoei is aangesien hierdie einste entiteite, wat hulle so beywer het vir die nuwe bestel nou erg in die verleentheid is.
Kyk maar na die transaksies en kontrakte ("tenders" soos hulle dit noem) van die staat en semi-staatsinstansies, ’n geknoeiery van die eerste water. Die polisie huur kantoorblokke vir miljoene, ’n minister gaan op staatsonkoste vir sy meisie in ’n Switserse tronk kuier, die Jeugliga hou paartie en rig skade aan op belastingbetalersgeld, werkloosheid en wegholimmigrasie het armoede en ellende tot gevolg, tot so ’n mate dat babas al hoe meer weggegooi word en so kan ek aangaan.
Jy kla oor die EU maar nog steeds gaan klop Afrika by hulle aan vir aalmoese. En hulle stede is skoon, openbare vervoer werk, die stede is blink en polsend (behalwe miskien nou die agter- en krotbuurtes maar oor die algemeen, lyk dit my, bly daar nie Europeërs nie).
Jy moet maar hoop dit bly goed gaan met Europa want as hulle plek deur die Oosterlinge ingeneem word gaan dit nag wees; alreeds word renosters teen ’n tempo van een per dag uitgeroei en hulle is nog nie eers heeltemal in die saal nie. Indien Europa ondergaan soos jy hoop is dit koebaai vir al die renosters en olifante, miskien nog die haaie, dolfyne em walvisse ook.
Dankie dat jy ons weer bedag gemaak het op die geel gevaar. Onthou ook om my nog te vertel hoe jy daaraan kom dat die gemiddelde Afrikaan ten minste ses tale vlot kan praat en wat jou laat dink dat die VK skaars so groot soos die Vrystaat is. Ook hoekom jy beweer dat die NSA in 15 "jaartjies" reggekry het wat Australië nie in 200 jaar kon vermag nie en wie die nare mense is wat hulle kindertjies in die "voorste linies" ingestuur het.
Jan Rap

