Antwoord op Dirk se kommentaar op my brief van 6 November 2018

  • 2

Dirk, ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 6 November 2018.

Die konsep dat hierdie een land is, is nie eers laf nie, maar absurd. Dit is een land by wyse van 'n volkeregtelike 'dekreet' kan jy maar sê waar, in werklikheid, lande gedefinieer moet wees aan die hand van bevolkings.  Soos ek al vir jou gesê het: Engelse in Engeland, Duitsers in Duitsland, Spanjaarde in Spanjaardland en so aan.

Die ‘dekreet’-wyse is kunsmatig en het gruwelike gevolge soos jy kan sien. Die politieke gestoeiery vanweë die onnatuurlike saamgooi van mense destabiliseer die land en, terwyl die verskeie etniese groepe in mekaar se hare is, is die land kwesbaar en word steeds gestroop deur die voormalige koloniale magte en China, Viëtnam, Korea en seker nog seker ’n hele swetterjoel ander. Afrika is ryk aan allerlei grondstowwe en wild maar, weens onrus word hy sonder teenstand leeg gedra; die inwoners van die ‘lande’ leef steeds onder die broodlyn.

Jy praat van 1910 as sou dit lankal en dus geregverdig wees. ‘Lankal’ regverdig nie ’n vergryp nie. Buitendien, lande en landsgrense is gedurig aan die verander; dink maar aan Suid-Soedan (2011) die Belgiese Kongo, Tsjeggië en Slowakye, Rwanda-Burundi, Alaska ens.

Ten slotte, jou stelling dat mense hul burgerregte ontsê is, is weer ‘n verdraaiinkie; Venda’s kon stem in Vendaland, Swazi’s kon stem in Swaziland, Basoeto’s in Basoetoland, Xhosa’s in die Transkei ens. Nou kan hulle nie, alle stemmery is nou gekook om die ANC in bewind te hou en die gevolge is, soos almal weet, iets allerverskrikliks.  Hulle het nou volgens jou burgerregte maar hul lewensgehalte is al byna so sleg soos die res van Afrika se inwoners s’n.

Jan Rap

 

  • 2

Kommentaar

  • Ja Jan, en die man in die maan stem in Maanland, die muise stem in Kaasland, die feetjies en Rooikappie stem in Sprokiesland, en les bes, die witmense stem in Witland ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top