Jy verwar my met iemand anders; ek het nog nooit Engelse skrywers en Engelse boeke op LitNet bespreek nie. Maar indien my geheue my in die steek laat, plaas ’n skakel soontoe dan sal ek apologie aanteken want dan was jy reg.
Maar al sou ek Engelse skrywers en boeke iewers bespreek het, hoe maak dit my onsamehangend soos jy beweer, en hoe diskwalifiseer dit my om kommentaar op die agteruitgang van Afrikaans te lewer? Ek het al gesien Johannes Comestor Engelse skrywers en boeke hier bespreek en hy is alles behalwe onsamehangend. Om die waarheid te sê, hy is een van die mees samehangende ouens hier op die Sê EN ek het al gesien dat hy hom uitspreek teenoor die heksejag op Afrikaans.
Jy sê ek “ ... gaan aan oor ‘die taal’, soos KdK oor ‘die geloof aan die Bybel.’” Hoe is dit? Ek lees as ’n reël nie KdK se briewe nie, hulle is te lank (wat nog Engelse boeke lees en bespreek). Ek dink jy vergelyk appels met pere want ek kan nie sien dat KdK hom uitspreek teen mense wat al hoe minder Bybel lees nie; die bietjie van die debat waarin hy betrokke is lyk my gaan meer oor mense wat die Bybel anders as hy vertolk maar ek weet ook nie, vertel jy my meer.
Jy sê "glo soos [jy] wil en lees wat [jy] wil". Hoekom noem jy so-iets, ken jy mense wat dit nie doen nie?
Nou, vir die googolplexste maal, ek "gaan nie aan oor die taal" soos jy beweer nie; ek het dit teen die mense wat gelate aanvaar dat Afrikaans afrangeer word want, is hulle absurde redenasie, "die besigheidswêreld is Engels en Afrikaans het nie tegniese terme nie". Hierdie is die houding van die ware taalosse want wat hulle taal betref is hulle geduldig, gedienstig en gedweë soos die osse van Jan F Celliers. Hulle laat gods water oor gods akker loop en hulle hoofdoel in die lewe is dat hulle en hulle kindertjies soos Engelse moet klink. Naboots is die hoogste vorm van bewondering; hoe minderwaardig moet hulle nie voel om so graag Engels te wil wees nie
Wat ’n donnerse verleentheid.
Jan Rap

