Hello Anton
In ’n vorige brief is daar net tentatief kommentaar gelewer op die vrae in jou brief en is daar in daardie antwoord verwys na die belangrikheid daarvan om dit uit ’n geskiedkundige oogpunt ook te behandel, aangesien jou vraag pertinent die volgende vra, “waar het die vreemde idee posgevat het dat blankes, spesifiek Afrikaners, pa moes staan om ander volke op te voed”.
Dit is duidelik uit daardie vraag uit, dat daar probleme gaan wees om aan jou ’n antwoord te probeer bied, aangesien jou vertrekpunt ’n verskeidenheid van aannames maak wat onhoudbaar is.
Die status voor 1652 is van geen belang nie, wat wel van belang is, is die proses wat gevolg het na die verskillende groepe mekaar hier ontmoet het en wat daaruit ontwikkel het.
Die paternalistiese blik wat jy aanbied is nie teenswoordig vanaf 1652 af nie, maar verwys na die mislukking wat daar was om die swart bevolking van die begin af deel te maak van die demokratiese proses in die land en hoe daar tesame deur die Engelse en die Afrikaners ’n proses was om die Afrikaan uit te sluit.
Indien die vraagstuk van die Afrikaan met groter omsigtigheid behandel was in die proses van Uniewording dan sou die vraag soos dit nou deur jou aangebied is nooit na vore gekom het en sou ontwikkeling oor alle groepe plaasgevind het en die debat soos dit nou woed nooit plaasgevind het nie.
Maar dit het nie en die Unie van 1910 het tot stand gekom, sonder die Afrikaan, die kleurling en die Asiaat en uitgesluit in die skepping van Suid-Afrika.
Of dit hoegenaamd anders kon, is te betwyfel, hierdie is die tyd van kolonies en die beginsels wat toe gegeld het en die moraliteit wat geheers het kan skaars ontsnap word.
Indien die kwessies wat jy uitlig oor onderwys direk aangespreek word dan is die antwoord op dit geformuleer soos volg.
Voor die Nasionale Party, die Afrikaner aan bewind gekom het, in 1948 was die onderwys soos alreeds gesien die verantwoordelikheid van sendelingskole en was die kwaliteit volgens alle aanduidinge op ’n goeie standaard.
Dit was dus Verwoerd wat namens die Afrikaner van die dag besluit het om die verantwoordelikheid aan te neem en dit in ’n baie spesifieke rigting te laat ontwikkel en het niks met die kwaliteit van die skoliere te doen nie, maar alles met die Afrikaner nasionalisasie wat die botoon gevoer het in daardie tyd en eers in 1994 tot ’n einde sou kom.
Verwoerd kon hom nie versoen met die liberale Westerse opvoeding wat aan die Afrikaan gebied is in die sendelingskole nie en het ’n onderwys stelsel in die plek daarvan gestel wat ’n duidelike plafon daar gestel het vir die Afrikaan skoliere.
Verwoerd se uitsprake hieroor is bekend en is al in vorige briewe uitgelig, maar kan herhaal word:
What is use of teaching maths when it cannot be used in practice? That is quite absurd. Education must train people in accordance with their oppurtunities in life, according to the situation in which they live.
Die beperking is soos gesien kan word, ’n politieke besluit en is op daardie gronde implementer en het niks te maak met die verwysings na Franse, Baske of Japannese in teenstelling met die Afrikaner se kwansuise ruimhartigheid, terwyl dit in werklikheid die teenoorgestelde daarvan is.
Aangesien die Afrikaan en ander gekleurde skoliere oor tyd die minderwaardige onderwys wat aan hulle gebied is sou eien vir die minderwaardige onderwys wat dit was en tesame met die taalkwessie uiteindelik in 1976 in opstand daarteen gekom het en heeltemal in hul reg opgetree het.
Baie dankie
Wouter

