Hello,
In ’n onlangse opstel deur David Nirenberg, skrywer van Anti-Judaism : The Western Tradition, bied die skrywer ’n bespreking van die idees wat in sy boek vervat is. Die kern van die argument kan opgesom word soos volg aan die hand van die opstel deur Nirenberg aangebied.
Die argument voer aan dat die vyandigheid teen die Jood is diep gesetel in die Westerse Christelike bewussyn en historiese verloop dat dit nie eers nodig is vir Anti-Semitisme om na vore te kom nie en geredelik as die uiteindelike voorganger van dit beskou kan word. Die Jood word van die begin van tyd wantrou en met agterdog bejeen en is antieke Egipte tekenend van hierdie wantroue en agterdog waar die gebruike en wette van die Jood as ’n uidaging en as in kontras beskou word van die sogenaamde aanvaarde praktyke gehandhaaf deur die verskeidenheid van volke in die antieke tydperk.
Dit is egter veral die Christene, van die begin van hul fondasie wat hul geloof opgestel het in stryd met die Joodse geloof en fondasie en speel Paulus weereens ’n belangrike rol in hierdie proses. Soos gesien kan word met die volgende:
“Hath not God made foolish the wisdom of this world?” asked Paul. “For the Jews require a sign, and the Greeks seek after wisdom: But we preach Christ crucified.”
Hoe dit ook al mag wees, die eerste volgelinge soos gesien in Lukas is nie oortuig dat die wette van Moses en die profete agtergelaat moet word nie. Lukus bevestig:
“all things must be fulfilled, which were written in the law of Moses, and in the prophets and in the psalms concerning me.”
In die ontwikkeling kom ’n nuwe metode van ontleding na vore wat hard poog om ’n pad weg van die wette van Moses en die profete te definieer en word die Jood wat aan sy tradisie getrou bly emblematies van die volgende:
“To the extent that Jews refused to surrender their ancestors, their lineage, and their scripture, they could become emblematic of the particular, of stubborn adherence to the conditions of the flesh, enemies of the spirit, and of God.”
Hierdie is dan die gesante van Satan en die vyand van die mensdom.
In hierdie vertolking maak bekendes apart van Paulus ook hul verskyning, soos St Jerome met sy, “notable hatred for the circumcised,” Justin Martyr, wat aanvoer, “they had been justly punished by the Roman conquest of Jerusalem and permanent exile”, asook St John Chrysostom wat die volgende tirade loslaat in sy Discourses Against the Jews en aanvoer: “The Jews are not only obstinate, literal-minded enemies of the spirit – willfully blind to divine revelation, devoted to the world and the lusts of the flesh – but also animals, not fit for work but fit for killing, their souls and their synagogues the dwelling places of demons”.
Luther is ongeveer ’n duidend jaar in die toekoms maar soos gesien kan word die druk neem toe en so ook die retoriek.
Dit is dan ook St Augustine wat dan as die vader van die volgende mite beskou kan word. “God had punished their recalcitrance by condemning them to wander the earth, like Cain, in perpetual exile, a constant reminder to Christians of the perils of infidelity – and as such, to be accorded the minimum degree of protection necessary for their survival”.
Van daar die mite van die “Wandering Jew” ’n bekende vertelling in letterkunde en religie.
Die grondslag soos hier bo beskryf dan die fondasie en die grondlegging van die vyandigheid, wantroue, agterdog en vervolging wat vandag nog so kenmerkend is van Westerse denke en onlangs in detail weer hier betoon is teen Duitswester wat poog om in ’n moderne konteks getrou aan die Joodse tradisie te bly. Weereens kan ek nie finaal in my eie gemoed uitslag lewer oor die Messias in ’n Joodse konteks en die aanvaarding daarvan deur ’n minderheid gelowiges, behalwe om te erken dat daar is talle gelowe wat klein in getal van hulle volgelinge is. .
Die fondasie van die Christelike kerk was soos gesien meer venynig in die fondasie van haat teenoor die Jood as wat Anti-Semitisme veronderstel en het dit die gereedskap en die taal vir toekomstige vervolging daar gestel en ook so die terminologie moontlik gemaak waarmee enige buitestaander verdoem kan word en is dit volkome deel van Westerse denke en gedurig teenswoordig en belangrik dat daar teen dit gewaak word. .
Marx sal byvoorbeeld verwys na die idee van ”the emancipation of mankind from Judaism” en Weber wat kapitalisme gesien het as ’n positiewe uitvloesel van Protestantisme in teenstelling met die Joodse idees van eiendomsreg en materialisme.
Hoe sal die kennis die modern mens en sy verhouding met die Jood verander. Hopelik ten goede en selfondersoek bring in die blinde haat wat so maklik teen die Jood getoon word en ’n manier soek om dit die hoof te bied.
Nirenberg sluit soos volg af:
"We make our own history, but we do not make it as we please, and an awareness of the gravity that the past exerts upon us can help us understand the ways in which we see the world. I do not think we can afford to live without it."
'n Baie belangrike metodiek om in gedagte te hou wanneer Paulus, Verwoerd, en die verloop van tyd ondersoek word.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Dag Wouter,
min mense besef werklik hoe diep daardie haat gaan. Ek het vandag in die Israel Hayom van 3/4/13 gelees oor die ondersoek wat die Hollandse koerant Het Parool doen oor die stadsraad van Amsterdam wat Jode beboet het omdat hulle nie hul belasting betaal het TERWYL HULLE IN KONSENTRASIEKAMPE WAS NIE.
Die Holocaust-oorlewendes moes belasting betaal vir die tyd wat hulle weggekruip het of in die doodskampe was. Ek is baie bewus van die haat teen die Jode, maar hierdie een het my verstom, het die Hollanders dan nie self gebukkend gegaan onder die Reich nie?
Die wat nie kon betaal nie se eiendom is summier afgevat, tot so laat as in 1947. Na dit 'n skande begin word het, het Amsterdam onderneem om die helfte terug te betaal.
Daar is nog steeds uitstaande eise teen hulle en ek sal dophou hoe die ondersoek verloop.
Shalom
Duitswester
Hello Duitswester,
Hello Duitswester,
Hallo Wouter,
Dankie vir jou navorsing. Daar is baie, baie sulke dinge in die verlede. Dit is egter baie kommerwekkend om te sien hoe anti-Semitisme, of plein Jodehaat, weer groei in veral Europa, met Frankryk Griekeland en Turkye aan die spits.
Daarmee saam loop die haat vanuit Islam wat grens aan waansin, daagliks gil die Moslem-leiers dat Israel totaal uitgewis moet word. Israel het enorme en vinnig-groeiende ondersteuning en vriendskap onder die Christene regoor die wêreld, maar nie van georganiseerde kerke nie, veral nie die Vatikaan nie.
Waar hierdie haat vandaan kom, wel, elke mens moet maar self daaroor dink en sy eie besluit neem, om dit op hierdie werf te bespreek in onvanpas.
Ek waardeer jou gesindheid.
Shalom
Duitswester
Baie dankie Duitswester, ek sal weer met meer aandag hierdie in die media dophou en ook so in die lande wat jy uitlig. Hierdie tendens het ek al van gelees en dit verskyn gereeld op die radar, maar wil dit nou gestruktureerd ook dophou.