Vir jou gaan ek 'n ketel
en 'n stel wit koppies koop
as trousseau vir die trou
mooi in geskenkpapier en groen lint
uit die naaste crazy store toegevou,
sodat wanneer vriende vol vreugde
by jul nuwe huis kom kuier
en met heimwee gesels oor dáárdie dag,
terwyl jy by die kombuiskas
en die koppies vir die ketel staan en wag
onskuldig by jouself wonder:
van wie was die geskenk?
jy keer op keer aan my sal dink
wanneer iemand anders van jou koffie drink


Kommentaar
Uitstekend!