Annelie
Ek hoop jy’s nou tevrede
My Annelie, jy het my hart vertrap
REFREIN:
Jy’t my verlei, maar dis OK
want wat ons was is nou verby
Ek’s nou aanskou as Annelie se grap
En wat ook al jou rede
ek hoop jy’s nou tevrede
My Annelie jy het my hart vertrap
Ja, Annelie, jy het my hart vertrap
As ons eerlik is, is dit onbetwis
Ek en jy was altyd maar ? leuen
Jou woorde, soet, het my laat boet
En ek moet toegee, jy was goed
want, hier staan ek weer alleen
REFREIN
Ek het jul gesien in sy blink masjien
Lyk vir my, hy glo jy is die een
Sal hy ook vind jou siel is blind?
? Meedoenlose duiwelskind
Ongepla en ongeseën
REFREIN
BRUG:
Jy sal betaal as ek vir jou kom haal
maar ek glo dis skaars die moeite werd
Jy was my lewe en my lus
Alle vurigheid is nou geblus
Alle beloftes, nou net snert
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


